Ingrid Jonker Faceboek Nie

Wat sou Ingrid Jonker van Facebook gedink het? Sou sy geniet het om so konstante kontak te hê met vriende, familie, medewerkers en totale vreemdelinge.
As sy sê “ek wil nie hoor hoe hul wag op gevlerkte briewe nie
ek wil nie hoor hoe hulle wakker lê in hul oogkasse wyl
die ander slaap wyd soos die horison om sy wenkbroue en wat wil ek weet van hul eenderse kwale die een sonder eierstokke die ander met leukemia
die kind sonder ‘n draaiorreltjie en die ou man…”
dan dink ek dat sy dalk facebook nie sou geniet het nie.
Snaaks hoe ek kan assosieer met daai eerste sin “ek wil nie meer besoek ontvang nie”

Ek wil nie meer besoek ontvang nie
nóg met koppies tee boeretroos en veral nie brandewyn nie
ek wil nie hoor hoe hul wag op gevlerkte briewe nie
ek wil nie hoor hoe hulle wakkerlê in hul oogkasse wyl
die ander slaap wyd soos die horison om sy wenkbroue

en wat wil ek weet van hul eenderse kwale
die een sonder eierstokke, die ander met leukemia
die kind sonder ‘n draaiorreltjie en die ou man
wat al vergeet het dat hy doof is
die bevlieging van die dood in die robots van groen
die mense wat leef by die see soos in die Sahara
die verraaiers van die lewe met die gesig van die dood en van God

ek wil net alleen wees op reis met my eensaamheid
soos ‘n wandelstok
en glo dat ek nog enig is

-Ingrid Jonker-

Dankie Ingrid Jonker

ek kan ook nou sê
Ek wil nie meer faceboek nie
nog met likes, loves, sad, of dalk mad
Ek wil nie hoor hoe mense dink of eet of drink of stem of skiet nie
Ek wil nie hê mense moet hoor hoe ek dink of wakker lê in my oogkasse nie.
en wat sal ek nou wil weet van mense wat vlieg of by die huis sit
en wat wil jy nou weet of ek een eierstok het of my bank dalk overdraft is.
of dat jy dalk van gewere hou en ek nie, of van brandewyn en ek hou van sjokolade
Ek wil net soos Ingrid Jonker dink ek is enig in my mensheid.

met ‘n rooi hart en ‘n skaterlag

Advertisements

3 gedagtes oor “Ingrid Jonker Faceboek Nie”

  1. Ja ek moet erken, ek is net so Facebook-voos hoor.

    Almal is SO gebless en so happy en en en, dat ek begin wonder hoekom liewe Jesus my nie ook so bless nie. 😆

    Iemand in my familie is in Survivor wat nou op tv wys, en ek sweer, ek is SO oor dit ek kan in my hande kots. Ek het die persoon gaan unfollow, want ek WEET jy was daar, kudos vir jou, but let’s move on. Daar is erger pressing issues in my lewe as om vir almal te vertel hoe utterly awesome ek is.

    Buitendien, hoekom moet jy mense daarvan oortuig?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s